Wildegranaat
Die wildegranaat (Burchellia bubalina)[1] is 'n monotipiese genus in die Rubiaceae familie. Die genus het neet een spesie, viz. Burchellia bubalina, wat endemies is aan Suider-Afrika.[2]
Wildegranaat | |
---|---|
'n Wildegranaat in die Wolkberg | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Burchellia R.Br. |
Spesie: | B. bubalina |
Binomiale naam | |
Burchellia bubalina (L.f.) Sims, (1822) | |
Sinonieme | |
Die klein boompie of struik is wydverspreid aan die oostelike en suidelike gedeeltes van die land. Die boompie groei in woude, oop boswêreld, grasveld en moerasse. Die aanskoulike blomme is tot 25 mm lank en is reukloos. Hulle bevat nogtans groot hoeveelhede nektar wat die voëls lok. Die boom se FSA-nommer is 688.
Die boom se bas en wortels word medisinaal aangewend.
Bron
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Verwysings
- Dlamini MD (Februarie 2005). "Burchellia bubalina (L.f.) Sims". plantzafrica (in Engels). SANBI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2016. Besoek op 24 Januarie 2016.
- "Burchellia bubalina". World Checklist of Selected Plant Families. Royal Botanic Gardens, Kew. Besoek op 18 September 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.