Wildefrangipani
Die wildefrangipani (Voacanga thouarsii) is 'n klein tot middelslag boom wat voorkom in KwaZulu-Natal en aangrensende Oos-Kaap. Die boom groei op rande van immergroen woude en in moerasse waar hulle soms lugwortels ontwikkel. Die blare is teenoorstaande gerangskik, is lig aan die onderkant en dikwels met stippels en ligkleurige kolletjies bedek.
Wildefrangipani | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Apocynaceae |
Genus: | Voacanga |
Spesie: | V. thouarsii |
Binomiale naam | |
Voacanga thouarsii Roem. & Schult., (1819) | |
Blomme en vrugte
Die wit blomme is tot 4.5 cm in deursnee en verdof later tot geel. Hulle het 'n taamlike skerp geur. Die ovaalvormige, tweelingvrugte is by die basis verbind met elke lob 7 – 9 cm in deursnee. Hulle is donkergroen met liggroen stippeltjies.
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.