Wilde-amandel
Die Wilde-amandel (Brabejum stellatifolium) is 'n groot struik of boom met spreiende takke. Hierdie boom word net in die Wes-Kaap aangetref waar dit in beskutte valleie en langs strome groei. Die onvolwasse vrugte is bruinrooi en ongeveer 5 mm lank. Soos die vrugte ouer raak, word hulle bruin en fluweelagtig. Hulle bereik dan 'n grootte van ongeveer 4,5 x 3 cm.
Wilde-amandel | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. stellatifolium |
Binomiale naam | |
Brabejum stellatifolium L., (1753) | |
Sinonieme | |
Daar is slegs een spesie in die genus wat Brabejum 'n monotipiese takson maak. Die boom se FSA-nommer is 72.[1]
Galery
- Groot Wilde-amandel in Kaapstad.
- 'n Wilde-amandel se stam.
- Blomme en blare.
- Jong vrugte.
- Sade.
- Sade wat ontkiem.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Brabejum stellatifolium. |
![]() |
Sien wilde-amandel in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.