Westmount, Quebec

Westmount is 'n welgestelde nedersetting op Montreal-eiland in die suidweste van Kanada se Franssprekende provinsie Quebec wat as enklawe volledig deur die stadsgebied van Montreal omsluit word. Die meerderheid van Westmount se bevolking van 19 931 (volgens die sensus van 2011) was tradisioneel Engelssprekend, maar is intussen tweetalig en word, naas dié van Shaugnessy en Kerrisdale (twee buurte van Vancouver) en dié van Lawrence Park, Forest Hill, Rosedale en The Bridle Path (buurte van Toronto), onder die welvarendstes in heel Kanada gereken. Dit was veral Westmount se aantreklike ligging teen die hellings van Mont-Royal wat van die nedersetting 'n gewilde woonplek gemaak het.[1]

Westmount
Stad
Die stadsaal van Westmount
Die stadsaal van Westmount
Leuse(s): 
Robur meum civium fides (Latyns: My sterkte is die betroubaarheid van my burgers)
Ligging van Westmount op Montreal-eiland
Ligging van Westmount op Montreal-eiland
Westmount is in Quebec
Westmount
Westmount
Ligging van Westmount in Quebec
Koördinate: 45°29′N 73°36′W
LandVlag van Kanada Kanada
ProvinsieQuebec
StreekMontreal
Stigting1874
As onafhanklike stad herstel1 Januarie 2006
Regering
  BurgemeesterChristina Smith
Oppervlak
  Land4,02 km2 (1,55 vk. myl)
Bevolking
  Totaal19 931
  Digtheid4 952,8/km2 (12 828/vk. myl)
TydsoneUTC-05:00 (EST)
  SomertydUTC-04:00 (EDT)
Poskode
H3Y en H3Z
Skakelkodes514 en 438
Webwerfwestmount.org

Verwysings

Eksterne skakels

Toerisme

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.