Westelike Verbypad

Die Westelike Verbypad is 'n snelweg in Johannesburg, Suid-Afrika en dra die N1 nasionale pad wes om Johannesburg. Die snelweg het ten minste vier bane oor sy lengte. Die snelweg begin by die Diepkloofwisselaar. Hier sluit die N12 of Suidelike Verbypad ook by die snelweg aan. Die snelweg hou noord, verby die Soweto M70 wisselaar, verby die Maraisburgwissellaar en draai dan amper wes. Dit gaan nou verby die Gordonwegwissellaar en dan die 14de Laanwissellaar. Die snelweg swaai nou noord en gaan verby die Beyers Naudewissellaar, die Malibongwewissellaar en swaai dan noordoos. Verby die William Nicolwissellaar swaai die snelweg oos en gaan deur die Rivoniawegwissellaar. By die Buccleuchwissellaar word die Westelike Verbypad nou die Oostelike Verbypad, ook bekend as die N3 nasionale pad.

Die Westelike Verbypad in rooi

Sien ook


Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.


Grootste snelweë in en om Johannesburg

Johannesburg-sirkelpadN1 (Westelike Verbypad) • N3 (Oostelike Verbypad) • N12 (Suidelike Verbypad) • N17R21R24R59M1M2

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.