Westbury

Westbury is ’n voorstad in die weste van Johannesburg wat grens aan (kloksgewys van die noordweste): Martindale (en noord daarvan Sophiatown), Westdene, Hurst Hill, Coronationville, Newclare en Newlands. Dis sowat 7 km wes van die stadsaal geleë.

Westbury
Westbury is in Gauteng
Westbury
Westbury
 Westbury se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°10′25″S 27°59′50″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
  Totaal1,03 km2 (0,40 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal13 461
  Digtheid13 069/km2 (33 850/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0,2%
  Indiërs/Asiërs0,9%
  Bruin mense87,7%
  Swart mense10,0%
  Ander1,3%
Taal (2011)
  Afrikaans 56,9%
  Engels 36,7%
  Tswana 1,3%
  Zoeloe 1,3%
  Ander 3,8%

Geskiedenis

Westbury is aangelê op die plaas Waterval en het eers as Westlea bekendgestaan. In 1967 is die naam verander na Westbury, wat verwys na die ligging van die voorstad wes van die middestad. Die woord “bury” is afgelei van die Ou Engelse woord “burh”, “burg”, later “dorp”, en kom ook voor in plekname met die samestellings met die woorde “burg”, “burgh”, “brough”, “borough”, “burrough”, “boro” en “borrow”.

Demografie

Ingevolge die Groepsgebiedewet was Westbury ’n bruin woongebied. So het die bevolking van 15 108 in die sensus van 2001 nog uit 93,6% (14 137) bruin mense bestaan, met net 694 (4,59%) swart. Afrikaans was die huistaal van 69,7% (10 534) en Engels van 27,4% (4 138). Die toename van 93% in Westbury se swart bevolking in die daaropvolgende 10 jaar tot die sensus van 2011 was minder skerp as in die aanliggende Westdene, maar omtrent dieselfde as in Sophiatown, want teen 2011 het die totale bevolking afgeneem tot 13 461, van wie 87,7% (11 804) bruin was en 10% (1 339) swart. Die Afrikaanse inwoners het afgeneem tot 7 583 (56,9%) en die Engelse inwoners toegeneem tot 36,7% (4 883).

Sien ook

  • Gereformeerde kerk Newclare

Verwysings

  1. "Subplek Westbury". Sensus 2011.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.