Wes-Afrika Tyd

Wes-Afrika Tyd of WAT (Engels: West Africa Time) is 'n tydsone wat een uur voor Gekoördineerde Universele Tyd is (met ander woorde UTC+1). 'n Groot aantal lande in die westelike deel van sentraal Afrika val in hierdie tydsone.

Die teoretiese sone strek van 7,5° oosterlengte tot 22,5° oosterlengte.

Die meeste lande in die gebied is naby die ewenaar geleë, waar daar nie 'n groot verandering in die daglengte is nie, sodat somertyd nie waargeneem word nie. Die enigste uitsondering is Namibië wat van September tot April onder die Wes-Afrika Somertyd val.

Lande wat onder die Wes-Afrika tyd val:

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.