Weidingsindekswaarde
'n Weidingsindekswaarde (WIW) is 'n getal wat uitdruk hoe waardevol 'n plantspesie is as weiding vir vee.
In die Nama-Karoo is daar drie indekswaardes wat gebruik word:
- Die EIW: die ekologiese indekswaardes van Vorster (1982)
- Die SWIW: die subjektiewe indekswaardes van Du Toit (1995)
- Die LnregWIW: waardes bepaal deur 'n regressiemetode wat probeer om die subjektiewe waardes op 'n meer wetenskaplik-gefundeerde grondslag te plaas.
Hoë waardes van die indeks dui aan dat die spesie smaaklik en voedsaam vir die vee is. Die EIW is wetenskaplik gefundeerd, maar nie baie presies nie. Dit het net vier waardes 1, 4, 7 en 10 en dit is nie vir alle spesies bekend nie. Die SWIW is algemener, maar subjektief. Die LnregWIW probeer die voordele van beide saam te vat.[1]
Voorbeelde:
Spesie | EIW | SWIW | LnregWIW | Opmerking |
---|---|---|---|---|
Themeda triandra | 10 | 9.30 | 6.81 | Rooigras is 'n smaaklike gras |
Eragrostis lehmanniana | 7 | 5.4 | 3.24 | Knietjiesgras is taamlik goed |
Aizoon secundum | 4 | 4.70 | 2.24 | Vanwyksbossie is 'n vygie met matige voedsaamheid |
Pteronia incana | 1 | 2.70 | 1.54 | T'kaibebos is 'n aromatiese en onsmaaklike struik |
Elytropappus rhinocerotis | 1 | 1.00 | 0.90 | Renosterbos is oneetbaar |
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.