Weergawebeheerstelsel

'n Weergawebeheerstelsel (Engels: version control system) is 'n rekenaarprogram of 'n versameling programme waarmee 'n mens die evolusie van lĂȘers op 'n rekenaar, soos hulle ontwikkel en uitgebrei word, kan beheer.

Weergawebeheerstelsels word algemeen tydens die ontwikkeling van sagteware gebruik, waar die bronkode dan onder weergawebeheer geplaas word. Indien 'n programfout voorkom, kan die bronkode teruggerol word na die vorige weergawe.

Bekende weergawebeheerstelsels

Die bekendste weergawebeheerstelsels is:

  • Git
  • Mercurial, afgekort hg
  • Subversion, afgekort SVN
  • Concurrent Versions System, afgekort CVS
  • Bitkeeper
  • Source Code Control System, afgekort SCCS
  • Revision Control System, afgekort RCS
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.