Wayuu
Wayuu (Wayuunaiki, [wajunaiki]) is die belangrikste inheemse taal in Venezuela en Colombia wat deur sowat 321 000 mense gepraat word. Dit is nou verwant aan die kleiner Venezuelaanse taal – Añú (30–50 sprekers); albei behoort aan die Arawaktale. Hulle vorm saam deel van die Noord-Arawak-taalfamilie. Wayuu word veral op die Guajira-skiereiland in die noordooste van Colombia en in die noordweste van Venezuela aan die Karibiese See net noord van die Maracaibomeer gepraat.
Wayuu Wayuunaiki | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [wajunaiki] | |
Gepraat in: | Colombia Venezuela | |
Totale sprekers: | 321 000[1] | |
Taalfamilie: | Arawak Noord-Arawak Wayuu | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Venezuela Nasionale taal sedert 1999 Colombia Mede-amptelike taal van La Guajira sedert 1992 | |
Gereguleer deur: | Centro Etnoeducativo Kamüsüchiwo'u | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | guc | |
ISO 639-3: | guc | |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Wayuu". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 21 Augustus 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.