Waverley
Waverley is 'n woonbuurt in die noorde van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika. Dit word in die weste begrens deur Villieria, in die suide deur Môregloed en in die ooste deur Bergtuin, terwyl die Magaliesberg die noordelike grens vorm. Waverley is noordoos van Pretoria se middestad geleë en is een van die stad se oudste woonbuurte. Dit het wye strate met enkelverdiepinghuise op groot erwe, groot grasperke en mooi tuine.
Waverley | |
---|---|
Waverley Waverley se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 25°41′51″S 28°15′47″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Hoofplek | Pretoria |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,01 km2 (1,55 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 253 |
• Digtheid | 2 307/km2 (5 980/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 87,2% |
• Indiërs/Asiërs | 0,7% |
• Bruin mense | 1,5% |
• Swart mense | 9,9% |
• Ander | 0,7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 84,2% |
• Engels | 8,8% |
• Suid-Ndebele | 1,4% |
• Noord-Sotho | 1,2% |
• Ander | 4,4% |
Poskode (strate) | 0186 |
Poskode (posbusse) | 0135 |
Skakelkode | 012 |
Die naam Totiusdal word egter vir die plaaslike poskantoor gebruik, asook enkele instellings en ondernemings in die voorstad, soos die Gereformeerde kerk Totiusdal, die Laerskool Totiusdal, Totiusdal Handelshuis en Totiusdal Apteek. Die Gereformeerde gemeente was waarskynlik die eerste wat so geheet het omdat die kerkgebou opgerig is op grond wat aan ds. S.J. du Toit, vader van die digter, teoloog en psalmberymer Totius, behoort het.
Infrastruktuur
- Hoërskool Staatspresident C.R. Swart
- Laerskool Totiusdal
- Gereformeerde Skool Dirk Postma
- Nederduitse Gereformeerde Kerk Waverley
- Waverley-tennisklub
Verwysings
- "Subplek Waverley". Sensus 2011.