Watsonia dubia
Watsonia dubia is 'n geofiet wat tot die genus Watsonia behoort en vorm deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Citrusdal tot by Wellington. In die noorde van die Swartland het 80% van die plant se habitat verlore gegaan aan landbou aktiwiteite. Daar is tans net drie subpopulasies bekend met minder as 250 plante. Twee van die subpopulasies is in natuurreservate geleƫ.
Watsonia dubia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Watsonia |
Spesie: | W. dubia |
Binomiale naam | |
Watsonia dubia Eckl. ex Klatt, (1863) | |
Sinonieme | |
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.