Watsonia amatolae
Watsonia amatolae is 'n plant wat tot die genus Watsonia behoort en is endemies aan die Oos-Kaap. Hier kom dit voor in die Amatholeberge vanaf die Katberg en Gaika's Kop in die weste tot by Hogsback en die Dohneberge in die ooste. Die plant het 'n voorkomsgebied van 417km2 en daar is vyf subpopulasies bekend. Die plant word nie bedreig nie maar word beskou as seldsaam.
Watsonia amatolae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Watsonia |
Spesie: | W. amatolae |
Binomiale naam | |
Watsonia amatolae Goldblatt, (1989) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.