Waterwitsuikerbos
Die Waterwitsuikerbos (Protea punctata) is 'n struik wat hoort tot die bekende Protea genus en is endemies aan Suid-Afrika. Die plant kom vanaf die Sederberg tot Riviersonderendberge en die Swartberg, Kammanassieberge en Kougaberge voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is groot, regop en word tot 4 m hoog en blom hoofsaaklik van Maart tot April.
Waterwitsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. punctata |
Binomiale naam | |
Protea punctata Meisn., 1856 | |
Sinonieme | |
|
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en vrygelaat na hulle ryp is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op hellings in skalie of sandsteen op hoogtes van 1 200 - 2 000 m.
In Engels staan dit as die Water sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer 94.1[1].