Watersport
Daar bestaan 'n groot aantal sportsoorte wat almal water benut. Die volgende is 'n lys van watersport, verdeel per kategorie. Hierdie kategorieë is gebaseer op die verhouding van die sport tot die water.
In die water
- Driekamp, 'n multi-sportsoort wat die voltooiing van drie aaneenlopende uithouvermoë-items insluit, gewoonlik swem, fietsry en hardloop
- Duik van 'n springplank of van platforms af
- Gesinchroniseerde duik
- Gesinchroniseerde swem is 'n kruising tussen swem, gimnastiek en ballet.
- Lewensreddingswem is swem met die doel om ander swemmers te red.
- Moderne vyfkamp sluit in skerm, pistoolskiet, swem, perdespring en landloop.
- Snorkel is swem op die oppervlak (tipies van die see) wyl toegerus is met 'n masker, vinne, en 'n kort buis genoem 'n snorkel.
- Swem, insluitend swem in 'n swembad of oopwaterswem.
- Wateraërobika is aërobiese oefeninge in die water.
- Waterpolo is 'n spansport wat in 'n swembad gespeel word.
Op die water
- Bootry met die gebruik van 'n kragboot (sonder krag = seil)
- Bootresies is die gebruik van kragbote om deel te neem aan 'n resies
- Draakbootresies het spanne van 20 roeiers in wedrenne
- Hengel is die ontspanning en sport van visvang
- Jetski
- Kaalvoetski is waterski met geen ski's aan die voete
- Kabelski vir kunsmatige manoeuvres
- Kajak
- Kanovaart op 'n kano met spane en liggaamspiere vir aandrywing
- Lyfbranderry is die ry van branders sonder toerusting soos 'n branderplank of lyfplank
- Lyfplankry is soortgelyk aan branderry, maar die persoon lê (gewoonlik) op die plank
- Paraseil waar 'n persoon agter 'n boot gesleep word terwyl hy verbonde is aan 'n valskerm
- Roei op 'n watervaartuig met spane en liggaamspiere vir aandrywing
- Seil bootvaart met gebruik van wind vir aandrywing
- Seiljagvaart vaar op seiljagte
- Seilplankry op plat water met behulp van wind vir aandrywing in kombinasie met seile
- Seilplankbranderry ry van seebranders met behulp van wind en seile vir aandrywing
- Vlieërseil op plat water met behulp van 'n vlieër vir aandrywing
- Waterski is die gebruik van ski's om oor die water te beweeg terwyl persoon deur 'n boot getrek word
- Witwatervlotry
Onder water
Ontspanningsduik
- Grotduik
- Diepduik
- Skubaduik, swem onderwater met behulp van skuba-toerusting.
- Vryduik
- Ysduik
- Visjag met 'n spiesgeweer
- Water argeologie, veral wrakduik
- Waterfotografie, soos watervideografie, is fotografie onderwater gedoen. Talle wedstryde word elke jaar wêreldwyd gereël.
Watersport
- Onderwaterstoei
- Vinswem
- Vryduik
- Sierduik
- Onderwaterfotografie (sport)
- Onderwaterhokkie is 'n spel in water gespeel met 'n paar ooreenkomste met veldhokkie. Twee spanne gebruik elk kort geboë hout of plastiese-stokke om 'n swaar kabouter oor die swembad se bodem te beweeg, tot onder die teenstanders se doelhok.
- Onderwaterrugby is 'n spel in water gespeel wat 'n paar ooreenkomste met rugby het. Twee spanne probeer om doele aan te teken deur 'n effense swaar bal in die teenstanders se doelarea te plaas, op die bodem van die swembad.
- Onderwatersokker
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.