Watersalie
Die watersalie (Tetradenia riparia), ook bekend as gemmerbos of vleisalie, is 'n struik wat tot 2m hoog word. Die plant is bladwisselend en meerstammig terwyl die takke halfsukkulente is. Die blare is enkelvoudig, groot, hartvormig en teenoorstande. Hulle is ook grof getand, dikharig en voel klewerig. Blare wat fyngemaal word het 'n gemmergeur. Die blommetjies is ligpers en verskyn in are.
- 'n Watersalie
- Loof
- Manlike bloeiwyse van 'n Watersalie langs 'n bergstroom, naby Louwsburg, KwaZulu-Natal
- 'n Watersalie langs 'n bergstroom, naby Louwsburg, KwaZulu-Natal
Watersalie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Lamiaceae |
Genus: | Tetradenia |
Spesie: | T. riparia |
Binomiale naam | |
Tetradenia riparia (Hochst.) Codd, 1983 | |
Bron
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Watersalie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Watersalie
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.