Waterkoedoe

Die waterkoedoe (Tragelaphus spekei) (Engels: Sitatunga) is 'n wildsbok wat in Suider-Afrika voorkom; in die noorde van Botswana, die Caprivistrook en die suide van Angola. Die bul weeg tot 114 kg en die koei tot 55 kg. Dit is 'n baie sku bok van middelslaggrootte. Dit het langerige hare en 'n wit chevronmerk tussen die oë. Die bulle is donkergrysbruin en die koeie geelbruin tot kastaiingkleurig. Daar is wit kolle op die sye en boude. Die koeie het nie horings nie. Hulle kom veral voor in oorstroomde gebiede soos die Okavangodelta. Hulle kan goed swem en hul natuurlike vyande is leeus en krokodille.

Waterkoedoe
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Bovinae
Genus:
Tragelaphus
Spesie:
T. spekeii
Binomiale naam
Tragelaphus spekeii
Sclater, 1863
'n Waterkoedoe.

Sien ook

Bron

  • Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5

Verwysings

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Tragelaphus spekeii. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Maart 2009.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.