Wat jy saai
Wat Jy Saai is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1979 vrygestel is. Dit is 'n verhaal van 'n jong dokter, sy vriendin (wie se broer 'n jeugmisdadiger is) en die venynige vooroordeel van die inwoners van die dorpie waar hulle woon.
Wat Jy Saai | |
---|---|
Regisseur | Tim Spring |
Produksieleier | Ben Vlok |
Draaiboek | Jan Scholtz |
Met | Regardt van den Bergh Janet du Plessis Cornelis Esterhuyse |
Musiek deur | Sid Knowles (finale meng) Leon Nel (klank) |
Kinematografie | James Gardner |
Redigeerder | Johan Lategan Ester Worst |
Ateljee | Kavalier Films |
Uitgereik | 1979 |
Speeltyd | 82 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is 'n drama. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 OL (ouerleiding).
Hoofrolspelers
- Regardt van den Bergh as dr. Fritz Krynauw
- Janet du Plessis as Dina MacDonald
- Cornelis Esterhuyse as Herman MacDonald
- Willie Esterhuizen as Christiaan MacDonald
- Flip Theron as Polisie-sersant
- Johan Bernard as Hannes Vermeulen
- Bill Flynn as Bobby Griesel
- Hetty van Oord as Mimi Coetzee
- Elize Cawood as mej. Van Dyk
- James Borthwick as minister
- Barry Trengove as prokureur
- Lourens Swanepoel as advokaat
- Denis Smith as regter
- Wilson Dunster as staatsaanklaer
Storielyn
Na sy ontsnapping uit die gevangenis ontdek Christiaan McDonald dat Dina nie werklik sy suster is nie en rand haar seksueel aan. Dr. Frits Krynau wat intussen op Dina verlief raak, help haar met 'n vrugafdrywing. Skinderstories deur die dorp ontbloot hulle misdaad. Tydens die hofsaak kom alles op die lappe en alhoewel Frits van die mediese rol geskrap word, seƫvier hulle liefde.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.