Wasbeerhond
Die wasbeerhond (Nyctereutes procyonoides), ’n lid van die Canidae-familie (wat honde, wolwe en jakkalse insluit), is inheems aan Oos-Asië. Dit het sy naam gekry vanweë sy ooreenkoms met die wasbeer (Procyon lotor), maar is nie naby daaraan verwant nie. Die wasbeerhond kom veral in woude voor in China, Korea, Japan en Noordoos-Rusland. Die gemiddelde volwasse dier is sowat 65 cm lank en wyfies skenk die lewe aan 15 kleintjies of meer op ’n slag.
Wasbeerhond | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Nyctereutes |
Spesie: | N. procyonoides |
Binomiale naam | |
Nyctereutes procyonoides (Gray, 1834) | |
Verwysings
- Kauhala, K. & Saeki, M. (2008). Nyctereutes procyonoides. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 22 Maart 2009.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.