Walvishaai
Die walvishaai (Rhincodon typus) is 'n haai wat wêreldwyd in tropiese en subtropiese water voorkom. Hulle kom ook seisoenaal aan die ooskus van Suider-Afrika voor. Hulle kan tot 15 m lank word en 30 ton weeg. Dit is die grootste vis in die wêreld (egte walvisse, wat groter is, is soogdiere) en word deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer. In Engels staan die haai bekend as die Whale shark.
Walvishaai | |
---|---|
Walvishaai vanaf Taiwan in die Georgia-akwarium. | |
Grootte in vergelyking met 'n mens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | J. P. Müller en Henle, 1839 |
Genus: | Rhincodon A. Smith, 1829 |
Spesie: | R. typus |
Binomiale naam | |
Rhincodon typus (A. Smith, 1828) | |
Verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
Die haai het wit kolle en lyne op die boonste gedeelte van sy liggaam. Die kop is stomp en plat en die bek is groot. Dit swem met 'n oop bek en filtreer die water om plankton, klein vissies en inkvisse te onttrek. Die vis kom in die oop see voor en is skadeloos.
Sien ook
Bronne
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Verwysings
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rhincodon typus. |
- Jurassic Shark (2000) dokumentêr deur Jacinth O'Donnell; uitgesaai op Discovery Channel, 5 Augustus 2006
- Norman, B. (2005). "Rhincodon typus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2011.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 18 Augustus 2011.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.