Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit

Die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit is 'n Plaaslike Munisipaliteit in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit het ontstaan nadat Maletswai en Gariep Plaaslike Munisipaliteite saamgesmelt het op 8 Augustus 2016.[1]

Walter Sisulu
Kaart van Suid-Afrika wat Walter Sisulu in Oos-Kaap aandui
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Joe Gqabi
Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Munisipale kode EC145
Burgemeester Bulelwa Khweyiya (ANC)
Setel Burgersdorp
Grootste tale Xhosa, Suid-Sotho, Afrikaans
Area 13269 km²  
Bevolking ~77,500 (2011)

Nedersettings

Nedersettings in die munisipaliteit:

Bure

Die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit se bure in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit is die Senqu Plaaslike Munisipaliteit aan die oostekant.

Ten suide in Chris Hani-distriksmunisipaliteit is Enoch Mgijima (Tarkastad/Queenstown)

Aan die Vrystaatkant is Mohokare Plaaslike Munisipaliteit in die Xhariep-distriksmunisipaliteit geleë.

Politieke verteenwoordiging

Die munisipale raad bestaan uit twee-en-twintig lede wat deur gemengde-lede proporsionele verteenwoordiging verkies word. Elf raadslede word in nege wyke as algehele wenners verkies, terwyl die oorblywende elf uit partylyste gekies word, sodat die totale aantal partyverteenwoordigers eweredig is aan die aantal stemme wat ontvang is.

Tydens die verkiesing van 3 Augustus 2016 het die African National Congress (ANC) 'n meerderheid van vyftien setels in die raad verower.

Die onderstaande tabel toon die uitslag van die 2016-munisipale verkiesing in beide Maletswai en Gariep.[2][3]

Party 2016 Stemme Setels
Wyk Lys Totaal  % Wyk Lys Totaal
African National Congress 13,68613,80527,49166.910515
Demokratiese Alliansie 4,6384,6309,26822.5145
Ekonomiese Vryheidsvegters 1,1581,1732,3315.7011
Maletswai Civic Association 8781,0301,9084.6011
United Residents Front 62620.2000
Onafhanklike kandidate 51510.100
Totaal 20,47320,63841,111100.0111122
Bedorwe stemme 391359750

Verwysings

  1. "The Local Government Handbook" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2017. Besoek op 9 Augustus 2016.
  2. "Results Summary – All Ballots: Maletswai/Gariep" (PDF). Independent Electoral Commission. Besoek op 15 Desember 2016.
  3. "Seat Calculation Detail: Maletswai/Gariep" (PDF). Independent Electoral Commission. Besoek op 15 Desember 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.