Walter M. Schirra
Walter M. Schirra (* 12 Maart 1923 – † 3 Mei 2007) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, kaptein in die Amerikaanse Vloot, vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en een van die oorspronklike Mercury Sewe ruimtemanne. Hy was in beheer van die Mercury-Atlas 8, gelanseer op 3 Oktober 1962 waartydens hy ses keer om die Aarde gewentel en altesaam nege uur in die ruimte deurgebring het.
Walter M. Schirra | |
---|---|
Walter M. Schirra in Oktober 1962 | |
Gebore | Walter Marty Schirra Jr. 12 Maart 1923 Hackensack, New Jersey |
Sterf | 3 Mei 2007 (op 84) La Jolla, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | ruimtevaarder |
Hy was ook die bevelvoerder van die Gemini 6A en Apollo 7-missies.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Walter M. Schirra.
- (en) Walter M. Schirra in die Internet-rolprentdatabasis
- (en) Walter M. Schirra by Find a Grave
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.