Waarde

Waarde is 'n aanduiding van die belang van 'n bepaalde objek. Objekte kan hier onder andere goedere, inligting, 'n diens of 'n reg wees. Waarde is in beginsel subjektief, iedereen kan die belangrikheid van 'n bepaalde objek anders skat en daardeur sy eie persoonlike waarde aan die objek toeken.

Die waarde van 'n objek kom tot uiting as 'n objek teen ander objekte geruil word. In hierdie geval kry die mark 'n rol in die waardetoekenning van objekte; op die vrye mark word die waarde van 'n objek bepaal deur vraag en aanbod. Die markwaarde van 'n objek beïnvloed weer die persoonlike waardering wat mense aan objekte toeken.

Omdat waarde opsigself nogal 'n ontwykende begrip is, was die mensdom al vroeg op soek na moontlikhede om waarde meetbaar te maak. So is waarde al vroeg uitgedruk in hoeveelhede tasbare goedere soos graan of metaal. Klein stukkies van metale wat self hoë waarde het, het geblyk om geskik te wees as draagbare, maklik hanteerbare waardemeters. Hieruit het geld ontwikkel. Deesdae meet ons waarde gereeld in geld.


  • 'n Waarde kan ook 'n meting van 'n bepaalde grootheid wees in 'n bepaalde eenheid. So is 0 °C 'n grootheid van temperatuur.
  • 'n Waarde van 'n toevalsveranderlike kan in die statistiek die uitkoms van 'n kanseksperiment wees. So is die waarde van die gooi van 'n dobbelsteen 1, 2, 3, 4, 5 of 6.
  • 'n Waarde kan ook 'n maatskappelike opvatting (norm) wees oor 'n bepaalde saak, byvoorbeeld "Die gesondheidsorg moet vir iedereen toeganklik wees".

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.