Waaierpylstert

Die Waaierpylstert (Taeniurops meyeni) is 'n pylstert uit die familie Dasyatidae. Dit kom wydverspreid voor in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, suidwaarts tot by KwaZulu-Natal.

Waaierpylstert
'n Groot pylstert wat oor die sand dryf.

Kwesbaar  (IUCN 3.1)IUCN3.1
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Genus:
Taeniurops
Spesie:
T. meyeni
Binomiale naam
Taeniurops meyeni
(J. P. Müller & Henle, 1841)
Verspreidingsgebied van die pylstert.
Sinonieme

Taeniura melanospila Bleeker, 1853
Taeniura mortoni Macleay, 1883 Taeniura meyemi Müller & Henle, 1841

Identifikasie

Die pylstert se skyf word tot 160 cm groot in deursnee en is rond. Dit is een van die groter pylsterte. Die pylstert se kleur varieer baie, van grys tot grysgroen met 'n verskeidenheid swart vlekke op die bokant. Die onderkant van die skyf is wit.

Die pylstert word gevind op sanderige areas in, of naby, koraal- en rotsriwwe in water wat tot 400 m diep is. Hulle vreet klein vissies, skaaldiere en weekdiere.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.