WVA

WVA, ook bekend as KV A, is 'n klein enkelkamergrafkelder in die westelike deel van die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit word verbind met WV22, die nabygeleë grafkelder van Amenhotep III. Dit lê 60 m suid van sy graf,[1] en is in 1845 deur Karl Richard Lepsius ontdek; hy het aangeteken dit bevat erdeware met die naam van 'n koning op.[2]

WVA
Stoorkamer vir grafkelders
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
Ontdek25 Februarie 1845
Uitgrawings deurCarl Lepsius (1845)
Sakuji Yoshimura en
Jiro Kondo (1993-'94)

Die grafkelder is in die 1990's weer uitgegrawe deur 'n span van die Waseda-universiteit onder leiding van Sakuji Yoshimura en Jiro Kondo. Hulle het uitgevind dit bevat verskeie flesse en seëlaars, wat daarop dui dat dit gebruik is as bergplek vir surplusgoedere uit Amenhotep se graf.[1]

Verwysings

  1. Kondo, Jiro (1995). "The Re-clearance of Tombs WV 22 and WV A in the Western Valley of the Kings". In Wilkinson, Richard H. (red.). Valley of the Sun Kings: New Explorations in the Valley of the Kings (PDF). Tucson: The University of Arizona Egyptian Expedition. pp. 25–33. Besoek op 21 Julie 2021.
  2. Lepsius, Richard (1853). Letters from Egypt, Ethiopia, and the peninsula of Sinai. Vertaal deur Horner, Joanna B.; Horner, Leonora. Londen: H.G. Bohn. p. 262. Besoek op 21 Julie 2021.

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.