Vrystaat
Die Vrystaat (Suid-Sotho: Foreistata, Engels: Free State) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Sy hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is.
Wapen | |
Hoofstad | Bloemfontein |
Grootste stad | Bloemfontein |
Oppervlakte – Totaal |
Geranglys 3de 129 480 vk km |
Bevolking[1] – Totaal (2011) – Bev.digtheid |
Geranglys 8ste 2 745 590 21 / vk km |
Tale | Suid-Sotho (64,2%), Afrikaans (12,7%), Xhosa (11,5%), Tswana (5,2%), Engels (2,9%), Zoeloe (1,4%) |
Etniese verdeling | Swart mense (87,6%), Wit mense (8,7%), Bruin mense (3,1%), Asiërs (0,4%) |
Premier | Mxolisi Dukwana (ANC) |
Op 'n landkaart lyk die Vrystaat nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu, die Oranje-Vrystaat – in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is sy landelikheid veral in die noorde dramaties verander deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.
Geskiedenis
Sien Oranje-Vrystaat
Demografie
- Bevolking (2017-skatting): 2 890 000.
- Tale: Suid-Sotho (64,4%), gevolg deur Afrikaans (14%).
- Meeste van die wit- en bruinmense praat Afrikaans, die meeste Indiërs praat Engels en meeste van die swartmense praat Suid-Sotho.
Geografie
Oppervlakte: Sowat 129 825 km².
Ligging en topografie
Die Vrystaat lê tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring (kloksgewys van bo af) deur Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is geleë op die Hoëveld, die groot plato waarop 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland lê. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate 'n mens die Drakensberge nader.
Distrikte
Daar is 4 distrikte in die provinsie Vrystaat, naamlik:
- Fezile Dabi (voorheen Noord-Vrystaat)
- Lejweleputswa (voorheen Gold Fields)
- Thabo Mofutsanyana
- Xhariep
Dorpe en stede
- Arlington
- Bethlehem
- Bethulie
- Bloemfontein
- Bothaville
- Brandfort
- Clarens
- Ficksburg
- Frankfort
- Gariepdam
- Harrismith
- Heilbron
- Hennenman
- Hobhouse
- Jagersfontein
- Koffiefontein
- Koppies
- Kroonstad
- Ladybrand
- Odendaalsrus
- Parys
- Petrus Steyn
- Phuthaditjhaba
- Reddersburg
- Reitz
- Rouxville
- Sasolburg
- Senekal
- Smithfield
- Thaba Nchu
- Theunissen
- Trompsburg
- Virginia
- Vrede
- Vredefort
- Welkom
- Winburg
- Zastron
Ekonomie
Die Vrystaat is 'n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie 'n vername landbousentrum waar 'n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes; daar vind ook jaarliks 'n kersiefees plaas. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.
Bronne
- van Schoor, M.C.E.: Die Vrystaat. In: Ons Land. 'n Reeks van 65 praatjies uitgesaai in die Afrikaanse diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van 1 September tot 16 November 1967.
- Vrystaat by Mieliestronk - Met toestemming gebruik
Verwysings
- statssa.gov.za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine – 2011-sensus
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vrystaat. |
- (en) Toerisme-inligting oor Vrystaat op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Vrystaat.
Provinsies van Suid-Afrika | |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |