Vryheid van panorama
Die vryheid van panorama is 'n begrip uit die outeursreg wat slegs in sommige lande erken word.
Op kunswerke soos skilderye, argitektuur, beelde ensomeer berus gewoonlik outeursregte wat die skepper daarvan beskerm teen plagiaat. Talle van hierdie kunswerke is egter in publieke plekke uitgestal, soos monumente, geboue ensomeer. In talle lande word hulle as deel van die panorama gesien, wat beteken dat mense vryelik daarvan foto's mag neem en publiseer. Die juridiese status wissel egter baie van land tot land. In Suid-Afrika en Namibiƫ bestaan hierdie regte nie. In Belgiƫ is dit in 2015 gewysig, sodat afbeeldings van die bekende atomium nie meer op Wikimedia Commons uitgewis word nie en nou gewys kan word.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.