Vriende van Afrikaans

Vriende van Afrikaans is 'n nie-winsgewende organisasie wat in 1993 op Stellenbosch gestig is deur 'n groep mense onder leiding van wyle prof. Johan Combrink (1939 - 1999) om te werk vir die beskerming en behoud van Afrikaans in al sy vorme. Omdat 'n taal se bestaansreg gesetel is in sy sprekers, dien die Vriende van Afrikaans al sy sprekers en hulle ryk kultuurerfenis.

Hierdie organisasie het reeds met die hulp van lede 'n CD met Afrikaanse musiek (Ou Vriende), die Kuberwoordeboek (rekenaarterme), die komposisie van die eerste Afrikaanse simfonie (die Sinfonia africana van Hendrik Hofmeyr) en die Pieter van der Westhuizen Huldigingsbundel (koorwerke met bladmusiek) op sy kerfstok.

Die organisasie publiseer die nuusbrief getiteld Doendinge vir Afrikaans.

Sien ook

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.