Vrede, Vrystaat

Vrede is 'n dorp geleë in die Oos-Vrystaat in 'n belangrike landboustreek, waar met lewende hawe en graanprodukte geboer word.

Vrede
Dorp+township
Standard Bank in Vrede
Standard Bank in Vrede
Vrede is in Vrystaat
Vrede
Vrede
 Vrede se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°25′48″S 29°9′36″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyana
MunisipaliteitPhumelela
Stigting1863
Oppervlak
  Totaal50,1 km2 (19,3 vk. myl)
Hoogte
1 673 m (5 489 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal17 689
  Digtheid353/km2 (910/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense5.7%
  Indiërs/Asiërs0.5%
  Bruin mense0.4%
  Swart mense93.1%
  Ander0.4%
Taal (2011)
  Zoeloe 53.4%
  Sotho 36.5%
  Afrikaans 6.0%
  Engels 1.1%
  Ander 3.1%
Poskode (strate)
9835
Skakelkode058

Geskiedenis

Die naam Vrede is te danke aan 'n twis oor die naam deur die dorpstigters. As 'n kompromis, nadat daar nie op 'n nuwe naam ooreengekom kom word nie, is die naam "Vrede" as versoening aanvaar. Die dorp is in 1863 gestig op die plaas Krynauwlust en was selfs 'n rukkie die hoofstad van die Oranje-Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boereoorlog.

Distrik

Die distrik beslaan 5 278 km2. Die belangrikste produkte is mielies, koring, wol, skaapvleis, beesvleis, melk, pluimvee en eiers. Daar word gereeld veeveilings gehou. Die dorp kry sy water van die Vrededam, suid van die dorp.

Sien ook

Verwysings

  1. Som van die hoofplekke Vrede en Thembalihle 2011-sensus.

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.