Vraagteken
Die vraagteken (?) is 'n leesteken wat 'n vraag of versoek afsluit, of affek uitdruik.
![](../I/Vraagteken.png.webp)
Vrae en versoeke
'n Vraagteken sluit 'n direkte vraag, retoriese vraag, einddeelvraag of intonasievraag af. Bv: Wat is jou naam? Ek sit en wonder: Wat is die doel van die lewe? (AWS, 2017)
Affek
Wanneer 'n vraagteken binne 'n sin gebruik word om affek uit te druk, word dit tussen hakies geplaas. Bv: Haar swangerskap (?) laat haar naar voel. Sy het 'n egte (?) Irma Stern by 'n pandjieswinkel gekoop.
Bronnelys
- Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.