Voorlopersel

Soos stamselle het voorloperselle die vermoƫ om in 'n spesifieke soort sel te verander.[1] In teenstelling met stamselle is hulle egter reeds baie meer spesifiek: hulle neig om te verander na 'n spesifieke "teikensel". Die belangrikste verskil tussen stam- en voorloperselle is dat stamselle onbepaald kan verdeel terwyl voorloperselle slegs 'n beperkte aantal kere kan verdeel. Daar bestaan egter 'n mate van omstredenheid oor die presiese definisie en die begrip word steeds ontwikkel.

Verwysings

  1. "Definisie van voorloperselle (progenitor cell) by 'n aanlyn mediese woordeboek". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2007. Besoek op 10 September 2008.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.