Volksrust

Volksrust is 'n groot dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika aan die KwaZulu-Natalgrens.

Die SAR Klas 19D 2696 (4-8-2) op Volksrust.
Volksrust
Die NG kerk Volksrust, ontwerp deur Gerard Moerdyk
Volksrust is in Mpumalanga
Volksrust
Volksrust
 Volksrust se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 27°22′S 29°53′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitPixley ka Seme
Stigting1881
Oppervlak
  Totaal25,43 km2 (9,82 vk. myl)
Hoogte
1 659 m (5 443 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal24 281
  Digtheid955/km2 (2 470/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense16.5%
  Indiërs/Asiërs2.0%
  Bruin mense1.7%
  Swart mense79.6%
  Ander0.3%
Taal (2011)
  Zoeloe 72.4%
  Afrikaans 15.8%
  Engels 4.4%
  Suid-Sotho 1.7%
  Ander 5.7%
Poskode (strate)
2470
Poskode (posbusse)
2470
Skakelkode017
Webwerfvolksrust.com

Geskiedenis

Die Zuid-Afrikaansche Republiek het in 1888 besluit om 'n dorp op die rand van die Drakensberg naby Natal te stig. Die dorp is toe gestig naby die plek waar die Slag van Majuba plaasgevind het tydens die Eerste Vryheidsoorlog waarin die Zuid-Afrikaansche Republiek se vryheid van Brittanje herwin is. Dorothea de Jager, 'n dogter van Dirk Uys, een van die Majuba-slagoffers, het die dorp Volksrust genoem, oënskynlik omdat dit is waar die ZAR-soldate gerus het.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n konsentrasiekamp hier gebou waarin baie vroue en kinders gesterf het.

Volksrust het in 1904 'n munisipaliteit geword.

Landbou

Die distrik is 1 870 km2 groot. Die dorp is 'n belangrike bees-, suiwel-, mielie-, sorghum-, wol- en sonneblomproduksieplek.

Kragsentrale

Majuba, een van Eskom se kragsentrales, is hier naby geleë.

Bekende persone gebore in Volksrust

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Volksrust". Sensus 2011.
Die Transvaal protesoptog, deur Gandhi georganiseer, deur Volksrust in Oktober-November 1913.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.