Volksrepubliek Donetsk
Die Volksrepubliek Donetsk (Russies: Донецкая Народная Республика, Donetskaja Narodnaja Respublika, [dɐˈnʲetskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar het van 2014 tot 2022 de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.[3]
| |||||
Volkslied: Государственный Гимн Донецкой Народной Республики (Russies vir: "Staatsvolkslied van die Volksrepubliek Donetsk") | |||||
Hoofstad | Donetsk | ||||
Grootste stad | Donetsk | ||||
Amptelike tale | Russies[1] | ||||
Regering | In naam 'n unitêre presidensiële republiek Denis Poesjilin Witalij Khotsenko | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat • Stigting • Onafhanklikheidsreferendum • Ooreenkoms van Minsk • Tweede ooreenkoms van Minsk • Russiese erkenning • Russiese anneksasie |
van Oekraïne 7 April 2014 11 Mei 2014 5 September 2014 12 Februarie 2015 21 Februarie 2022 30 September 2022 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
8 902 km2 3 437 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2018-skatting - Digtheid |
2 302 444[2] (–) / km2 | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MSK (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | – | ||||
Skakelkode | +380 62 |
Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Donetsk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Donetsk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Donetsk-oblast verwys.
Die Volksrepubliek Donetsk is langs die Oekraïens-Russiese grens en die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Donetsk. Die Volksrepubliek Donetsk beslaan 'n oppervlakte van 8 902 km² en het 'n bevolking van 2 302 444 in 2018 gehad. Die Volksrepubliek Donetsk grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast.
Politiek
Internasionale erkenning
- VN-lidlande
- Rusland erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 21 Februarie 2022.
- Sirië erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 29 Junie 2022.[4]
- Noord-Korea erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 13 Julie 2022.[5]
- Gedeeltelik erkende en nieerkende gebiede
- Suid-Ossetië erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 27 Junie 2014.
- Volksrepubliek Loehansk erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 11 Mei 2014.
- Abchasië erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 26 Februarie 2022.[6]
Sien ook
Verwysings
- (ru) "Русский признали в ДНР единственным государственным языком". Rossijskaja Gaseta. Besoek op 7 Maart 2020.
- (ru) "Численность населения Донецкой Народной Республики на 1 января 2018 года" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Mei 2018. Besoek op 28 Mei 2018.
- (en) "With 143 Votes in Favour, 5 Against, General Assembly Adopts Resolution Condemning Russian Federation's Annexation of Four Eastern Ukraine Regions". Verenigde Nasies. 12 Oktober 2022. Besoek op 23 Junie 2023.
- (en) "Syria recognizes independence, sovereignty of Donetsk, Luhansk -state news agency". Reuters. 29 Junie 2022. Besoek op 29 Junie 2022.
- (en) "Ukraine cuts N Korea ties over recognition of separatist regions". Al Jazeera. 13 Julie 2022. Besoek op 13 Julie 2022.
- (en) "Luhansk Recognizes Abkhazia". Civil Georgia. 10 Maart 2022. Besoek op 10 Maart 2022.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Volksrepubliek Donetsk.
- (en) Toerisme-inligting oor Volksrepubliek Donetsk op Wikivoyage