Volkspeleboom

Die Volkspeleboom staan by Nääs, noordoos van Gotenburg (Göteborg), in Swede. In 1912 het dr. S.H. Pellissier hier met die Sweedse volkspele en volksang kennisgemaak en hom daarna begin beywer om dit ook in Suid-Afrika te bevorder. By die boom is 'n brons plaat met 'n inskripsie wat die besoek in 1953 van 'n 100 Volkspelers onder leiding van Pellissier aan Nääs herdenk.

Bibliografie

  • Pellissier, S.H.: Die ontstaan en ontwikkeling van Volkspele in Suid-Afrika. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 4, no. 1, Julie 1954.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.