Voegwoord
'n Voegwoord, of konjunksie, is 'n woord wat gebruik word om sinne saam te voeg.
Voorbeeld
As voorbeeld, kyk na die volgende twee sinne:
- Tania is siek.
- Sy het skool toe gekom.
'n Voegwoord is nodig om die twee sinne as een sin te skryf. Byvoorbeeld:
- Tania is siek, maar sy het skool toe gekom.
Betekenis
Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin. Vergelyk byvoorbeeld die volgende drie sinne:
- Hy nog sy hou van Hans.
- Ek en hy hou van Hans.
- Ek of hy hou van Hans.
Indeling volgens funksie
Voegwoorde kan volgens hulle funksie as volg ingedeel word:
- Tydigheid (terwyl, nadat en voordat)
- Redegewend (omdat, want).
- Beperkend (behalwe)
- Vergelykend (soos, asof)
- Disjunktief (of)
- Toegewend (hoewel, ofskoon)
- Voorwaardelik (as, indien, mits, tensy)
Gebruik van die komma
'n Komma word meestal voor 'n voegwoord wat twee sinne verbind geplaas. Die uitsondering is 'dat' en 'en'. As die voegwoord 'of' in 'n neweskikkende hoedanigheid gebruik word, verval die komma in verreweg die meeste gevalle ook.
Kyk ook
- Bywoord
- Selfstandige naamwoord
- Byvoeglike naamwoord
- Werkwoord
- Lidwoord
- Dieregeluide, werkwoorde wat die klanke van diere beskryf.
- Trappe van vergelyking
- Intensiewe
Sien voegwoord in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.