Vleirosie
Die Vleirosie (Leucadendron laxum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom vanaf Hermanus tot by Agulhas. Die struik word 1.75 m hoog en dra blomme van September tot Oktober.
Vleirosie | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. laxum |
Binomiale naam | |
Leucadendron laxum I.Williams, 1967 | |
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat gedurende Maart die volgende jaar. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die plante word bestuif deur die werking van insekte.
In Engels staan dit as die Bredasdorp Conebush bekend.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vleirosie.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.