Vlakteriet

Die vlakteriet (Restio quadratus) is 'n plant wat tot die restio's behoort, rietagtige plante wat kenmerkend is aan die Kaapse floraryk. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is hierdie plant, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig (LC) gelys.[1]

Vlakteriet
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Monocots
(geen rang):
Commelinids
Orde:
Poales
Familie:
Genus:
Restio
Spesie:
R. quadratus
Binomiale naam
Restio quadratus
Mast., (1869)

Dit is 'n rietagtige plant wat 2 m lank kan word en digte donkergroen pluime het wat pluiserig uitsien. Dit groei op die vlaktes veral op plekke waar water uit die grond sypel. Die vlakteriet kan maklik herken word deurdat sy stingels 'n vierkantige deursnee besit. Die wetenskaplike naam quadratus verwys daarna.[2]

Galery

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
  2. "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2015.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.