Vlag van die Bahamas
Die nasionale vlag van die Bahamas is op 10 Julie 1973 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n swart driehoek aan die vlagpaalkant met drie ewe wye horisontale bane in (van bo na onder) turkoois, geel en turkoois op die wapperkant.
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 10 Julie 1973 |
Ontwerp | ’n Swart driehoek aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in turkoois, geel en turkoois op die wapperkant. |
Ontwerp deur | Hervis Bain |
Gebruik | Burgerlike vaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Wit Sint Joriskruis met rooi agtergrond en die nasionale vlag in die skildhoek. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi Sint Joriskruis met wit agtergrond en die nasionale vlag in die skildhoek. |
Simboliek
Die (swart) driehoek simboliseer die eenheid van die mense van die Bahamas in hul vasberadenheid om die hulpbronne van land en see te ontwikkel.[1] Die kleur van die driehoek verteenwoordig die 300 000 inwoners van die Bahamas wat veral van Afrika afkomstig is.[2]
Ontwerp
Die swart driehoek neem die totale wydte van die vlag in en dit is ’n gelyksydige driehoek.[1]
Ander vlae
- Koloniale vlag van die Bahamas, 1869 tot 1904
- Koloniale vlag van die Bahamas, 1904 tot 1923
- Koloniale vlag van die Bahamas, 1923 tot 1953
- Koloniale vlag van die Bahamas, 1953 tot 1964
- Koloniale vlag van die Bahamas, 1964 tot 1973
- Siviele vaandel van die Bahamas
- Vaandel van die Vloot van die Bahamas se Reserwemagte
- Rondeau van die Lugmag van die Bahamas
Verwysings
- (en) Die Bahamas by Flags of the World.
- (en) Die Regering van die Bahamas (2007): Die Vlag van die Bahamas, URL besoek op 26 Junie 2007.
- (en) "PANTONE® 3145 C". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2021. Besoek op 16 November 2020.
- (en) "PANTONE® 123 C". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016. Besoek op 16 November 2020.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Bahamas. |
- (en) Die Bahamas by Flags of the World.
- (en) "Flag of the Bahamas". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.