Vlag van Vanuatu
Die nasionale vlag van Vanuatu is op 18 Februarie 1980 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n swart driehoek met twee gekruisde varingblare binne die tand van ’n wildevark teen die vlagpaal, ’n dun geel gaffel met swart fraaiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en groen onder.
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 18 Februarie 1980[1] |
Ontwerp | ’n Swart driehoek met twee gekruisde varingblare binne die tand van ’n wildevark teen die vlagpaal, ’n dun geel gaffel met swart fraaiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en groen onder. |
Simboliek
Die groen stel die rykheid van die eilande voor, die rooi is simbolies vir die bloed van wildevarke en die mens en die swart van die ni-Vanuatu-mense. Die Eerste Minister van Vanuatu het versoek dat geel en swart fraaiings ingesluit word sodat die swart uitstaan. Die geel gaffel stel die lig van die Evangelie voor wat deur die eilande in die Stille Oseaan versprei het (ongeveer 90% van Vanuatu se bevolking is Christelik).
Die embleem in die swart driehoek is die tand van ’n wildevark – die simbool van voorspoed was as hangertjie op die eilande gedra word – saam met twee blare van die plaaslike namelevaring. Die blare is veronderstel om ’n teken van vrede te wees en die 39 loofblare stel die 39 lede van Vanuatu se wetgewende vergadering voor.
Geskiedenis
Tussen 1889 en 1906, onder Anglo-Franse beheer, is ’n wit en rooi vertikale tweekleur gebruik met ’n blou reghoek in die middel waarop ’n sterre in ’n sirkel gerangskik was, gebruik. Daarna het die Britse administrasie van die kondominium van die vlag van die Nieu-Hebrides gebruik gemaak tot in 1980. Dit was ’n blou Britse vaandel met ’n wit skyf op die wapperkant met ’n wapen daarbinne. Die Franse regering het in dieselfde tyd die vlag van Frankryk gebruik. Gedurende die Stille Oseaan-spele in 1963 en 1966 is spesiaal ontwerpte vlae gebruik.
Toe die Vanua’aku-party die land na onafhanklikheid gelei het as Vanuatu in 1980 is die kleure van die party se vlag – rooi, groen, swart en geel – gekies as die basis vir die nasionale vlag. ’n Parlementêre komitee het die finale ontwerp gekies uit inskrywings van plaaslike kunstenaars.
- Vlag van die Anglo-Franse Gemeenskaplike Vlootkommissie, 1889 tot 1906
- Vlag van Vanuatu voor 1953
- Vlag van die Nieu-Hebrides, 1953 tot 1980
- Vlag van Frankryk, 1940 tot 1945
- Vlag van Frankryk, 1906 tot 1940 en 1945 tot 1980
- Vlag wat Vanautu gebruik het gedurende die Stille Oseaan-spele van 1963
- Vlag wat Vanautu gebruik het gedurende die Stille Oseaan-spele van 1966
Ander vlae
- Vlootvaandel van Vanuatu
- Presidensiële standaard van Vanuatu
Administratiewe vlae
- Vlag van Port Vila
- Vlag van Malampa
- Vlag van Penama
- Vlag van Sanma
- Vlag van Shefa
- Vlag van Tafae
- Vlag van Torba
Verwysings
- "Vanuatu" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2019. Besoek op 15 Mei 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Vanuatu. |
- (en) Vanuatu by Flags of the World.
- (en) "Flag of Vanuatu". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.