Vlag van St. Kitts en Nevis
Die nasionale vlag van St. Kitts en Nevis is op 19 September 1983 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n diagonale swart baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met twee vyfpuntige wit sterre in. Die boonste driehoek is groen en die onderste driehoek is rooi.
![]() Vlag van St. Kitts en Nevis |
|
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel ![]() |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 19 September 1983 |
Ontwerp | ’n Diagonale swart baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met twee wit sterre in, die boonste driehoek groen en die onderste driehoek rooi. |
![]() Wisselvormvlag van St. Kitts en Nevis |
|
Gebruik | Vlootvaandel ![]() |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi Sint Joriskruis met wit agtergrond en die nasionale vlag in die skildhoek. |
Simboliek
Daar word dikwels aangevoer dat die twee sterre die twee eilande verteenwoordig, maar die sterre staan eintlik vir hoop en vryheid.[1] Verder stel groen vrugbaarheid voor, rooi stel die onafhanklikheidstryd voor, swart stel die Afrika-herkoms voor en geel stel die sonskyn voor.
Ontwerp
Hoewel die vlag van die Pan-Afrika kleure gebruik maak is die betekenis van die kleure nie dieselfde as in die vlae van ander Afrika-lande nie.[2]
Ander vlae
Vlag van St. Kitts-Nevis-Anguilla, 1967 tot 1983
- Vlag van St. Kitts-Nevis-Anguilla
- Vlag van Nevis
- Vlag van die Goewerneur-generaal. Die woorde "Country above self" verskyn in die lint.
Verwysings
- (en) St. Kitts en Nevis by Flags of the World. URL besoek op 22 Mei 2019.
- (en) Carol P. Shaw (1992). Flags. Glasgow: HarperCollins. ISBN 0-00-470114-3
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van St. Kitts en Nevis. |
- (en) St. Kitts en Nevis by Flags of the World.
- (en) "Flag of Saint Kitts and Nevis". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Mei 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.