Vlag van Mianmar
Die nasionale vlag van Mianmar is op 21 Oktober 2010 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in geel, groen en rooi met ’n wit ster in die middel van die vlag.
![]() Vlag van Mianmar |
|
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Vlootvaandel ![]() |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 21 Oktober 2010[1] |
Ontwerp | Drie horisontale bane van bo na onder in geel, groen en rooi met ’n wit ster in die middel van die vlag |
Geskiedenis
Die twee vlae wat deur Mianmar gebruik is voor die aanvaarding van die huidige vlag het hul ontstaan in die Birmaanse Weerstand wat ’n rooi vlag met ’n wit ster as oorlogssvlag gebruik het gedurende die Tweede Wêreldoorlog teen Japan.
Die vlag wat aanvaar is na onafhanklikheid op 4 Januarie 1948 van die Verenigde Koninkryk verkry is, was ’n rooi vlag met ’n blou skildhoek waarin een wit ster met vyf omringende sterre verskyn het. Die groot ster het die unie, en die kleiner sterre die hoofetniese groepe van die nuwe onafhanklike staat voorgestel.[2] Hierdie vlag het tot Januarie 1974 in gebruik gebly.[3]
Die nuwe vlag met veertien sterre om ’n rat en rysplant is op 3 Januarie 1974 aanvaar toe Ne Win ’n sosialistiese republiek verklaar het. Die rysplant het boere voorgestel, die rat het die werker voorgestel en die veertien sterre het elk van die lidstate van die Unie voorgestel.[4] Die vlag met veertien sterre is deur betogers in die 8888-opstand in 1988 onderstebo gehang as ’n teken teen die militante regering.
Vroeëre historiese vlae van Birmaanse monarge het ’n groen pou opgehad. Die gebruik van die groen pou het voortgeduur gedurende die Britse koloniale tydperk en die Staat Birma. Die vlag van die Staat van Birma (1943–1945) was die geel-groen-rooi vlag met die pou in die middel. Gedurende die laaste jaar van die oorlog is ’n vereenvoudigde ontwerp van die pou gebruik.
Die vlag van die eens-verbande Nasionale Liga vir Demokrasie-party bevat ’n pou en ’n wit ster terwyl die Nasionale Koalisieregering van die Unie Birma die vlag van 1948 gebruik het.
Vlag van die Hanthawaddy-koninkryk, c. 1300 tot 1500
Vlag van die Birmaanse dinastieë, 1480 tot 1826
Vlag van die Derde Birmaanse Ryk, 1826 tot 1885
Vlag van Brits-Birma as deel van Brits-Indië, 1824 tot 1937
Vlag van Brits-Birma as aparte kolonie, 1939 tot 1941 en 3 Januarie 1845 tot 1948
Vlag van Brits-Birma, 1941 tot 1942
Vlag in gebruik tydens die Japannese besetting, 1942 tot 1943
Vlag van die pro-Japanese Synyethe Wunthann-party, de facto vlag van Birma, 1942 tot 1943
Vlag van die Staat Birma, 1943 tot 1945
Variant-vlag van die Staat Birma, 1943 tot 1945
Vereenvoudigde vlag van die Staat Birma, 1945
Vlag van die Unie Birma, 4 Januarie 1948 tot 1974
Burgerlike vaandel van die Unie Birma, 1952 tot 1974
Vlag van die Sosialistiese Republiek van die Unie Birma, 2 Maart 1974 tot 19 Junie 1989
Burgerlike vaandel van die Unie Birma, 1974 tot 2010
Vlag van die Unie Birma, 20 Junie 1989 tot 20 Oktober 2010
Voorgestelde vlag van Mianmar, 2006
Ontwerp
Kleure

Die tabel bevat die kleurskemawaardes vir die kleure van die vlag van Mianmar (sedert 2010):
![]() | Geel | Groen | Rooi | Wit |
---|---|---|---|---|
Pantone | 116 | 361 | 1788 | Safe |
RGB | 254-203-0 | 52-178-51 | 234-40-57 | 255-255-255 |
Heksadesimaal | #FECB00 | #34B233 | #EA2839 | #FFFFFF |
CMYK | 0, 20, 100, 0 | 76, 0, 100, 0 | 0, 98, 82, 0 | 0, 0, 0, 0 |
Die kleurskema vir die vlae van die Unie Burma (1948–1974 en 1974–2010):
![]() ![]() | Blou | Rooi | Wit |
---|---|---|---|
RGB | 32-66-161 | 218-45-28 | 255-255-255 |
Heksadesimaal | #2042a1ff | #da2d1cff | #FFFFFF |
CMYK | 80, 59, 0, 37 | 0, 79, 87, 15 | 0, 0, 0, 0 |
Ander vlae
Presidensiële vlag van Birma, 1948 tot 1962
- Vlag van die Mianmarese Gewapende Magte
- Vlag van die Mianmarese Weermag
Vlootvaandel van Birma, 1948 tot 1974
- Vlootvaandel van Mianmar
Lugmagvaandel van Birma, 1948 tot 1974
- Lugmagvaandel van Mianmar
- Vlag van die Mianmarese Polisie
Soortgelyke vlae
- Vlag van Litaue
Verwysings
- "Mianmar" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
- (en) "Mianmar (Birma): vorige vlae". Myanmars.net. 4 Januarie 1948. Besoek op 27 Mei 2019.
- "Mianmar (Birma): vorige vlae" (in Engels). Fotw.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2017. Besoek op 27 Mei 2011.
- မြန်မာဖတ်စာ ဒုတိယတန်း (Grade-3) [Myanmar Textbook for Second Standard (Grade-3)] (in Birmaans). Ministry of Education, Government of the Union of Myanmar. 2006. p. 1.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Mianmar. |
- (en) Mianmar by Flags of the World.
- (en) "Flag of Myanmar". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |