Vlag van Jamaika
Die nasionale vlag van Jamaika is op 6 Augustus 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n geel Sint Joriskruis met die driehoeke aan die vlagpaal- en wapperkante in swart en die boonste en onderste driehoeke in groen.
![]() Vlag van Jamaika |
|
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel ![]() |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 6 Augustus 1962 |
Ontwerp | ’n Geel Sint Andrieskruis met die boonste en onderste driehoeke in groen en die linker en regterste en linkerste driehoeke in swart. |
![]() Wisselvormvlag van Jamaika |
|
Gebruik | Vlootvaandel ![]() |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi Sint Josirkruis met die nasionale vlag in die skildhoek. |
Simboliek
Die vlag bestaan uit die kleure groen, goud en swart. Swart simboliseer die krag en kreatiwiteit van die Jamaikaanse volk, goud stel die sonlig en die natuurlike rykdomme van die land voor en die groen verteenwoordig die hoop vir ’n goeie toekoms asook die land se rykdomme. Die drie kleure simboliseer ook die meeste Jamaikaners se herkoms (Afrika) voor.
Ontwerp
Die huidige ontwerp van die vlag het ontstaan uit voorstelle wat deur die publiek ingestuur is. Dit is oorspronklik ontwerp met drie horisontale bane maar die gevoel was dat dit te na aan die Tanganjikaanse vlag was. Daar is uiteindelik ’n Sint Andrieskruis ingevoeg en die huidige vlag het sy vorm aangeneem.
Ander vlae
Eerste voorgestelde vlag vir Jamaika
Nog ’n voorstel vir die vlag van Jamaika
Vlag van Jamaika, 1875 tot 1906
Goewerneursvlag van Jamaika, 1875 tot 1906
Vlag van Jamaika, 1906 tot 1957
Goewerneursvlag van Jamaika, 1906 tot 1957
Vlag van Jamaika, 1957 tot 1962
Goewerneursvlag van Jamaika, 1957 tot 1962
Vlag van Jamaika, 1962 (met klein wysiging aan die landswapen)
Goewerneursvlag van Jamaika, 1962 (met klein wysiging aan die landswapen)
- Vlag van die Goewerneur-generaal van Jamaika
- Die standaard van Koning Charles III in Jamaika
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Jamaika. |
- (en) Jamaika by Flags of the World.
- (en) "Flag of Jamaica". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 September 2022.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |