Vlag van Haïti
Die nasionale vlag van Haïti is op 29 Maart 1987 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee ewe wye horisontale bane in blou (bo) en rooi (onder) met die landswapen van Haïti in ’n wit vierkant reg in die middel van die vlag.
Gebruik | Staats- en Oorlogsvlag en Staats- en Vlootvaandel |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 29 Maart 1987[1] |
Ontwerp | Twee horisontale bane in blou (bo) en rooi (onder) met die landswapen in ’n wit vierkant in die middel van die vlag. |
Gebruik | Burgerlike vlag en vaandel |
Verhouding | 3:5 |
Ontwerp | Dieselfde as die nasionale vlag behalwe dat die landswapen ontbreek. |
Ontwerp
Die Haïtane het tydens hul onafhanklikheidstryd gebruik gemaak van die Franse vlag maar in 1804 het hulle die wit baan verwyder, waardeur die blou en wit vlag ontstaan het. Die vlag is enkele kere aangepas en die huidige vlag is sedert 17 Februarie 1986 in gebruik. Tydens die Olimpiese Somerspele 1936 is toevallig opgemerk dat die vlag van Haïti dieselfde as die vlag van Liechtenstein was. Liechtenstein het daarna ’n kroon tot hulle vlag bygevoeg.
Kleure
Die kleurskema word hieronder gelys:
Blou | Rooi | Wit (wapen) | Geel (wapen) | Groen (wapen) | |
---|---|---|---|---|---|
RGB | 0/32/159/ | 210/16/52 | 255/255/255 | 241/181/23 | 1/106/22 |
Heksadesimaal | #00209fff | #d21034ff | #ffffffff | #f1b517ff | #016a16ff |
CMYK | 100/80/0/38 | 0/92/75/18 | 0/0/0/0 | 0/25/90/5 | 99/0/79/58 |
Ander vlae
- Vlag van Haïti, 1791
- Vlag van Haïti, 1803
- Vlag van Haïti, 1805
- Vlag van Haïti, 1806
- Vlag van die Haïtaanse Koninkryk, 1811 tot 1820
- Vlag van Spaans-Haïti, 1822
- Vlag van Haïti onder Faustin Soulouque, 1849 tot 1859
- Vlag van Haïti, 1807 tot 1964
- Vlag van Haïti, 1964 tot 1986
- Vlag van Haïti, 1964 tot 1986
Verwysings
- (en) Flags of the World (2005): Haiti, URL besoek op 22 Mei 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Haïti. |
- (en) Haïti by Flags of the World.
- (en) "Flag of Haiti". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.