Vlag van Griekeland
Die nasionale vlag van Griekeland is op 22 Desember 1978 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon nege horisontale bane in afgewissel in wit en blou, met ’n wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel Vlagterminologiese simbool |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 22 Desember 1978[1] |
Ontwerp | Nege horisontale bane in wit en blou afgewissel met ’n wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek. |
Geskiedenis
Daar is onenigheid oor die oorsprong van vandag se nasionale vlag met die wit-en-blou streeppatroon. Elke deel daarvan, insluitend die kleure, kruis en streeppatroon kan na baie ou historiese elemente teruggespoor word; dit is egter moeilik om kontinuïteit te bepaal, veral aangesien daar geen rekord van die presiese rede agter die aanvanklike aanvaarding vroeg in 1822 gevind kan word nie. Die blou kleur is waarskynlik afgelei van die burgerlike vaandel van die Romeine (Ortodoks-Christelik, Grieks) van 1453-1793 in die Ottomaanse Ryk.
Historici het voorgestel dat die huidige vlag afgelei is van ’n vroeëre ontwerp, die byna identiese vlag van die magtige Kretiese Kallergis-familie. Hierdie vlag is gebaseer op hul wapenskild waarvan die patroon na bewering afgelei is van die veldteken van hul voorouers Nikephoros II Phokas (963-969 vC) van die Bisantynse Ryk. Hierdie patroon (volgens moeilik verifieerbare beskrywings) het nege bane in wit-en-blou en ook ’n kruis in die linker boonste hoek ingesluit.[2] Hoewel die gebruik van die afwisselende blou en wit – of silwer – bane op (verskeie eeue-oue) wapenskilde van die Kallergis goed gedokumenteer is, het geen afbeelding van hierdie beskrywing behoue gebly nie.[3]
Die Oudheid en die Bisantynse Ryk
Vlae soos in vandag se tyd het nie in die Oudheid bestaan nie. Daar is in plaas van vlae ’n verskeidenheid embleme en simbole gebruik om elke staat aan te dui en is geverf op die hoplietskilde. Die naaste parallel aan moderne vlae was die vexillum-agtige baniere wat deur Griekse leërs gevoer het, soos die sogenaamde phoinikis, ’n rieprooi doek wat vo-aan ’n staf of spies gemonteer is aan ’n horisontale stok. Dit blyk geen patroon of versiering te gehad het nie.
Die Bisantyne het, soos die Romeine voor hulle, ’n verskeidenheid vlae en baniere gebruik hoofsaaklik om verskillende militêre eenhede aan te dui. Dit was gewoonlik vierkantige of reghoekige baniere met ’n aantal banierkoppe aan.[4] Die prominentste onder die vroeë Bisantynse vlae was die labarum. In die afbeeldings van die middel en latere Ryk wat behoue gebly het, hoofsaaklik die Skylitzes, is die oorheersende kleure rooi en blou in horisontale bane met ’n kruis wat gewoonlik in die middel van die vlag geplaas is. Ander algemene simbole wat prominent op seëls vertoon is, was afbeeldings van Christus, die Maagd Maria en heiliges, maar dit het eerder persoonlike as familie- of staatsimbole verteenwoordig. Heraldiek in die Wes-Europese styl was egter nog onbekend tot die laaste eeue van die Ryk.[5]
Nêrens word gepraat van ’n staatsvlag nie, tot die Spaanse atlas Conosçimiento de todos los reynos in die middel 14de eeu die vlag van “die Ryk van Konstantinopel” afbeeld as ’n tetragram-Sint Joriskruis in rooi op wit, van die regerende Palailogos-familie. Daarop is vier betas of pyrekvola (“brandswaarde”) in elke kwart van die vlag aangebring wat die keiserlike leuse van Βασιλεύς Βασιλέων Βασιλεύων Βασιλευόντων (“Koning der Konings Regerend oor die Regeerders”)[6] verteenwoordig. Die tetragramkruisvlag, soos dit in die tweede en derde kwarte van die ontwerp voorkom, is goed gedokumenteer. In dieselfde Spaanse atlas word hierdie “eenvoudige” tetragramvlag aangedui as die “vlag van Salonika en “die ware Griekeland en Ryk van die Grieke (‘la vera Grecia e el imperio de los griegos’)”. Die gevierendeelde rangskikking wat die Sint Joriskruis insluit is slegs in die spaanse atlas gedokumenteer, en voeg waarskynlik die wapenskil van Genoa (wat Galata beset het) en dié van die Bisantynse Ryk saam, en is waarskynlik slegs in Konstatinopel vertoon.[7] Pseudo-Kodinos het die gebruik van die “tetragramkruis” op die banier (phlamoulon) wat deur die vlootvaartuie vertoon is, opgeteken, terwyl die megas doux ’n beeld van die keiser op ’n perd vertoon het.[8]
Vorige vlae
- Romeinse (Orthodoks-Christelik, Grieks) handelsvlag (1453–1793)
- Hierdie ontwerp van die 14de eeu gedurende die Palaiologos, is die enigste bewese vlag van die Bisantynse Ryk
Verwysings
- "Griekeland" (in Engels). Flags of the World. Besoek op 4 April 2024.
- N. Zapheiriou, Η Ελληνική Σημαία από τους αρχαίους χρόνους μέχρι σήμερα (Die Griekse vlag van die Oudheid tot huidig), Eleftheri Skepsis, Athene 1995 (herdruk van oorspronklike 1947-publikasie) ISBN 960-7199-60-X.
- "ΟΙ ΚΑΛΛΕΡΓΗΔΕΣ". Besoek op 1 September 2022.
- Keiser Mauricius, Strategikon, II.14.
- Kazhdan, Alexander, red. (1991). Oxford Dictionary of Byzantium. Oxford University Press. pp. 472, 999. ISBN 978-0-19-504652-6.
- Bisantynsee Heraldiek, van Heraldica.org
- L. S. Skartsis, Oorsprong en ontwikkeling van die Griekse vlag, Athene 2017 ISBN 978-960-571-242-6.
- Kazhdan, Alexander, red. (1991). Oxford Dictionary of Byzantium. Oxford University Press. pp. 472–473. ISBN 978-0-19-504652-6.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Griekeland. |
- (en) Griekeland op Flags of the World.
- (en) "Flag of Greece". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Mei 2019.