Vlag van Engeland
Die vlag van Engeland is die Sint Joriskruis. Die rooi kruis het in die Middeleeue en in die Kruistogte as ’n embleem van Engeland verskyn en is een van die vroegste embleme wat Engeland verteenwoordig het. Dit het die status van nasionale vlag van Engeland verwerf tydens die 16de eeu.
Bynaam | (en) St George's Cross, Sint Joriskruis |
---|---|
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag |
Verhouding | 3:5[1] |
Goedgekeur | 16de eeu |
Ontwerp | ’n Rooi kruis in die middel op ’n wit agtergrond |
Sint Joris het die beskermheilige van Engeland geword in die 13de eeu en die legende van Sint Joris wat ’n draak dood gemaak het dateer uit die 12de eeu.
Soortgelyke vlae
Soos die vlag van Engeland toon die vlag van Georgië ’n rooi Sint Joriskruis op ’n wit agtergrond, maar laasgenoemde verskil deur die gebruik van vier Bolnur-Katskhuri-kruise in elk van die kwadrante.
Verwysings
- (en) Engeland (Verenigde Koninkryk); by Flags of the World; (ca. 1996 – hede)
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van England. |
- (en) Engeland by Flags of the World
- (en) "Flag of England". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Mei 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.