Vlae van Suid-Afrika

Hierdie artikel lys al die vlae van die verskeie kolonies en state wat sedert 1652 in Suid-Afrika bestaan het.

Oorsig

Die volgende vlae is as nasionale vlae van die Unie van Suid-Afrika en die Republiek van Suid-Afrika gebruik:

VlagTydperkGebruikBeskrywing
1910–1912Unie van Suid-Afrika’n Rooi Britse vaandel met die wapen van die Unie van Suid-Afrika.
1912–1928Unie van Suid-Afrika’n Rooi Britse vaandel met die wapen van die Unie van Suid-Afrika op ’n wit skyf.
1928–1994Vlag van Suid-AfrikaDrie horisontale bane in oranje, wit en blou, en op die wit baan ’n omgedraaide vlag van die Verenigde Koninkryk in die vlagpaalkant, die vlag van die Oranje-Vrystaat hang vertikaal en die Vlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaalse Vierkleur) in die wapperkant. Dié vlag is gebruik deur beide die Unie van Suid-Afrika en later die Republiek van Suid-Afrika.
sedert 1994Vlag van Suid-AfrikaTwee horisontale bane in rissierooi (bo) en blou (onder) met ’n swart driehoek in die vlagpaalkant, oordek met ’n groen horisontale gaffel met wit fraiings teen die rooi en blou bane, en ’n goue fraiing teen die swart driehoek.

Geskiedenis

Historiese vlae (1652–1928)

VlagTydperkGebruikBeskrywing
1839–1843Natalia Republiek
1857–1902Oranje-Vrystaat
1857–74,
1875–77,
1881–1902
Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal)(“Vierkleur”)
1874–1875Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal)(“Thomas François Burgerss Voortrekkervlag”). ’n Rooi Andreaskruis met wit fraiings op ’n blou agtergrond.
1875–1910Natalkolonie
1876–1910Kaapkolonie’n Blou vaandel met die wapen van die Kaapkolonie in die wapperkant.
1883–1885Goosen
1883–1885StellalandVlag van Stellaland
1884–1888Nieuwe Republiek
1890–1891Klein Vrystaat
1902–1910Oranjerivierkolonie’n Blou vaandel met ’n springbok op ’n skyf.
1904–1910Transvaalkolonie’n Blou vaandel met ’n rustende leeu in ’n Afrikalandskap met palmbome.
1910–1912Unie van Suid-Afrika (handelsvlag)
1910–1951Unie van Suid-Afrika (nasionale vlag)
1912–1951Unie van Suid-Afrika (handelsvlag)

Nasionale vlag (1928–1994)

  • Die JBM Hertzog-administrasie het die vlag ná ’n aantal jare se politieke debat ingevoer. Nadat dit in 1927 deur die Parlement van Suid-Afrika goedgekeur is, is dit op 31 Mei 1928 die eerste keer gehys.
  • Die vlag vertoon die Unie se voorgangers. Die grondslag is die Prinsenvlag (koninklike driekleur) van Nederland, met die vlag van die Verenigde Koninkryk vir die Kaap en Natal, die voormalige vlag van die Oranje-Vrystaat en die voormalige vlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal).
  • Tot in 1957 is die vlag saam met die Union Jack gehys.
  • Met Republiekwording op 31 Mei 1961 het die vlag onveranderd gebly. Daar was egter herhaaldelike pleidooie om die vlag te verander, veral deur Afrikaners, aangesien ’n Britse Union Jack deel van die vlag gevorm het. Die destydse eerste minister, Hendrik Verwoerd, het ’n “suiwer vlag” laat ontwerp bestaande uit drie bane in oranje, wit en blou met ’n springende springbok oor ’n krans van ses proteas in die middel ontwerp, maar Verwoerd is vermoor voordat hy die vlag kon invoer, en dié projek het in 1966 met hom gesterf.
VlagTydperkGebruikBeskrywing
1928–1982Unie van Suid-Afrika/RepubliekDie vlag met ’n donker skakering van “unieblou” voor die vroeë 1980’s.
1982–1994Republiek van Suid-AfrikaDie vlag met ’n helder skakering van “Solway”-blou soos dit in 1982 deur die Suid-Afrikaanse regering bepaal is.

Tuislande (1966–1994)

  • Nege van die destydse tien “tuislande” wat tydens die apartheidsera vir die swart bevolking gestig is, het hul eie vlae gebruik, waaronder Transkei (1966–94), Bophuthatswana (1973–94), Ciskei (1973–94), Gazankulu (1973–94), Venda (1973–94), Lebowa (1974–94), Qwaqwa (1975–94), KwaZulu (1977–94) en KwaNdebele (1982–94). KaNgwane was die enigste “tuisland” wat nooit sy eie vlag aangeneem het nie en het pleks daarvan die nasionale vlag van Suid-Afrika gebruik.
  • Al hierdie vlae het met die herinlywing van die tuislande by Suid-Afrika op 27 April 1994 uitgedien.
VlagTydperkGebruikBeskrywing
1966–1994Transkei
1973–1994Bophuthatswana
1973–1994Ciskei
1973–1994Gazankulu
1973–1994Venda
1974–1994Lebowa
1975–1994Qwaqwa
1977–1985KwaZulu (1)
1982–1994KwaNdebele
1985–1994KwaZulu (2)

Sportvlae (1992–1994)

As gevolg van die sportboikot van Suid-Afrika weens sy apartheidsbeleid het Suid-Afrika tussen 1964 en 1988 nie aan Olimpiese Spele deelgeneem nie. Die land het in 1991 weer by die Olimpiese beweging aangesluit. Weens ’n geskil oor die gebruik van die nasionale vlag en volkslied het die Suid-Afrikaanse span onder ’n spesiale vlag aan die Olimpiese Somerspele 1992 in Barcelona deelgeneem. Die vlag bestaan uit ’n wit veld en daarop ’n grys diamant wat die land se minerale rykdom verteenwoordig, en drie vallende bane in blou, rooi en groen, wat onderskeidelik die see, land en landbou verteenwoordig, die Olimpiese ringe en die naam van die span daaronder. Spanklere het die kenteken van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, bestaande uit Olimpiese ringe omring deur olyftakke met die naam van die land boaan. Die Suid-Afrikaanse span het vir oorwinnings Ludwig van Beethoven se “Ode tot Vreugde” gebruik. Tydens die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer het Suid-Afrika onder die vlag van sy Nasionale Olimpiese Komitee deelgeneem.

Nasionale vlag (sedert 1994)

  • In 1994 het Suid-Afrika ’n unitêre demokratiese staat met gelyke regte vir mans en vroue van alle rasse geword. Die ou vlag se lang verbintenis met die apartheidsera het sy gebruik in die nuwe demokrasie onvanpas gemaak, en die destydse Suid-Afrikaanse Staatsheraldikus Frederick Brownell het dus ’n nuwe vlag ontwerp. Nadat dit op 20 Maart 1994 deur die Uitvoerende Oorgangsraad goedgekeur is, is dit op 20 April 1994 deur staatspresident F.W. de Klerk persoonlik goedgekeur en een week later, op 27 April 1994 vir die eerste keer gehys.
  • Die nuwe vlag was as ’n tussentydse maatreël bedoel, maar dit het so gewild geword dat dit, toe die finale Grondwet in 1996 opgestel is, die permanente vlag geword het.
VlagTydperkGebruikBeskrywing
sedert 1994Republiek van Suid-Afrika

Regeringsvlae

Burgerlike Lugvaandel

Militêre vlae

Suid-Afrikaanse Weermag

Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Nasionale Departement van Verdediging

Suid-Afrikaanse Leër

Suid-Afrikaanse Lugmag

Suid-Afrikaanse Vloot

Polisievlae

Suid-Afrikaanse Polisie

Suid-Afrikaanse Polisiediens

Provinsiale vlae

1910–1994

Tussen 1910 en 1994 was Suid-Afrika onderverdeel in vier provinsies: Kaapprovinsie, Natalprovinsie, Oranje-Vrystaat en Transvaal. Hierdie provinsies het hul eie wapens gebruik, maar nie eie vlae gehad nie.

Sedert 1994

In April 1994 is Suid-Afrika onderdeel in nege provinsies. Elke provinsie het ’n wapen gekry, wat meestal deur die Staatsheraldikus Frederick Brownell ontwerp is. Vandag gebruik net een provinsie, Mpumalanga, sy eie vlag, nadat hulle dit in Februarie 1996 goedgekeur het.[1]

Voorgestelde vlae

Vlae wat in die 1920’s voorgestel is

In 1927 het ’n parlementêre komitee opdrag gekry om ’n nasionale vlag vir Suid-Afrika te ontwerp.

Ontwerpe wat die Nasionale Simbolekommissie se kortlys gehaal het

Die Nasionale Simbolekommissie het in Oktober 1993 ses ontwerpe voorgestel.[2]

Ontwerpe wat deur grafiese ontwerpateljees voorgestel is

’n Groep van professionele grafiese ontwerpateljees het in November 1993 verskeie vlagontwerpe voorgestel.[2]

Ontwerpe op die kortlys van die Gesamentlike Tegniese Werkkomitee

Die Gesamentlike Tegniese Werkkomitee het in Februarie 1994 vyf ontwerpe op die kortlys geplaas. ’n Verdere ontwerp is ook voorgestel deur die African National Congress (ANC), gebaseer op ’n ontwerp wat in Oktober 1993 op die kortlys was. Voorstel 4, ontwerp deur Staatsheraldikus Frederick Brownell, is aan die Oorgangsraad voorgelê en uiteindelik as die nuwe vlag goedgekeur.[2]

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Denis Beckett (2002). Flying with Pride: The Story of the South African Flag. Pretoria: WildNet Africa. ISBN 978-0-620-28903-0.
  • (en) Frederick Brownell (1993). National and Provincial Symbols.
  • (en) A.P. Burgers (1997). Sovereign Flags of South Africa. Claremnot: Wescape. ISBN 978-1-919746-13-5.
  • (en) A.P. Burgers (2008). The South African flag book: the history of South African flags from Dias to Mandela. Protea Book House. ISBN 978-1-86919-112-2.
  • (en) C. Pama (1965). Lions and virgins. Heraldic state symbols, coats – of – arms, flags, seals and other symbols of authority in South Africa 1487–1962. Human & Rousseau.
  • (af) C. Pama (1984). Die Vlae van Suid-Afrika. Tafelberg. ISBN 978-0-624-02070-7.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.