Vivo
Vivo is 'n klein dorpie in die noorde van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Nabygeleë dorpe sluit in Alldays en Louis Trichardt. Vivo lê waar die R522 en R521-streeksroetes bymekaar aansluit; in 'n gaping tussen die Soutpansberg en die Blouberg na die weste. Die naam is waarskynlik 'n vervorming van die Sothowoord phofo, (koue wind) wat waarskynlik verwys na die wind wat die hele jaar deur die gaping in die berge waai. Sout word daar naby in 'n pan ontgin.
Vivo | |
---|---|
Nedersetting | |
Vivo, naby die dorpskern | |
Vivo Vivo se ligging in Limpopo | |
Koördinate: 23°2′55″S 29°16′50″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Capricorn |
Munisipaliteit | Blouberg |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,2 km2 (1,2 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 308 |
• Digtheid | 96/km2 (250/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.1% |
• Swart mense | ~99% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 95.0% |
• Zoeloe | 1.0% |
• Engels | 0.7% |
• Venda | 0.7% |
• Ander | 1.6% |
Poskode (strate) | 0924 |
Poskode (posbusse) | 0924 |
Skakelkode | 015 |
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.