Visrivier-kanowedvaart

Die Visrivier-kanowedvaart vind in die Oos-Kaap plaas, begin by die Grassridgedam en eindig by Cradock.

Die kanomaraton word jaarliks in Oktober oor twee dae deur alle top kajakroeiers van ons land uitgespook. Dit is een van die groot kanowedvaarte in die land saam met die Bergrivier- en Dusi-kanowedvaarte.

Die Visrivier gesien vanuit die Dubbeldriftnatuurreservaat.

Geskiedenis

Die Visriviermaraton word die eerste keer in 1982 aangebied met 77 deelnemers. Dit was oorspronklik die idee van die Kaapse roeier Dave Alexander en die plaaslike ingenieur van die Departement van Waterwese, Knut Olav "KO" Bang.[1] Inskrywings bereik teen die jaar 2000 'n hoogtepunt met 1 564 deelnemers, wat die maraton onder die wêreld se vyf grootstes plaas.[2] Die algehele wenners in 2011 was Hank McGregor en Grant van der Walt met 'n tyd van 4:40.38 vir die 2-dag byeenkoms.[3]

Vorige wenners

JaarKlasWennerTydLand
2011K2McGregor/ Van der Walt4:40:38Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2010K2McGregor/ Van der Walt4:43:26Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2009K1SLen Jenkins4:51:16Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2008K2Lucas Mthalane5:55:59Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2007K1Len Jenkins4:57:39Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2006K1Scott Johnson5:43:15Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2005K1Len Jenkins4:59:27Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2004K1Maynard Scott5:27:34Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2003K1Len Jenkins5:04:31Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2002K2Willis Russell5:17:28Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2001K1Len Jenkins5:00:22Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2000K1Eben Mocke5:47:03Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.