Visrivier
Die Visrivier (Engels: Fish River, Duits: Fischfluss) is met 650 km die langste rivier van Namibië. Die oorsprong van die rivier lê in die ooste van die Naukluftberge. Die Visrivier vloei deur die Visrivier-canyon, die grootste Canyon van Afrika. Later vloei die rivier in die Oranjerivier.
- Hierdie artikel handel oor die rivier in die suide van Namibië. Vir die rivier in die Oos-Kaap, sien asb. Groot-Visrivier.
Visrivier – Fish River – Fischfluss | |
---|---|
Oorsprong | Naukluftberge, Namibië |
Monding | Mariental, Oranjerivier |
Stroomgebied | Namibië |
Lengte | 650 km (404 myl) |
Oorspronghoogte | 1 400 m (4 582 voet) |
Mondinghoogte | 55 m (180 voet) |
Gemiddelde afloop | 50 m/s³ (1 766 ft³/s) |
Die rivier wat periodies droog is, vloei deur die dorpe Mariental, Gibeon en Seeheim.
Eksterne skakels
- Kaart van die Visrivier op Geonames.org (cc-by); databasis afgelaai op 2017-02-28
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Visrivier.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.