Vioolsdrif
Vioolsdrif is 'n dorp in die noord-westelike deel van die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die N7 nasionale pad tussen Kaapstad en Windhoek bereik die Suid-Afrikaanse grens by hierdie klein nedersetting suid van die Oranjerivier. Hier is ook 'n grenspos wat 24 uur per dag oop is. Die grenspos aan Namibië se kant heet Noordoewer.
Vioolsdrif | |
---|---|
Gehug | |
Die Oranjerivier vanaf die skeidingsbrug tussen Noordoewer en Vioolsdrif. Uiterste hitte en sonlig veroorsaak sigbare verdamping. | |
Vioolsdrif Vioolsdrif se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 28°46′30″S 17°37′30″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Nama Khoi |
Stigting | Vernoem na Jan Viool |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,98 km2 (0,76 vk. myl) |
Hoogte | 180 m (590 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 599 |
• Digtheid | 303/km2 (780/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 75.0% |
• Swart mense | 18.3% |
• Ander | 1.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 88.4% |
• Tswana | 4.0% |
• Xhosa | 2.2% |
• Sotho | 1.7% |
• Ander | 3.6% |
Poskode (strate) | 8246 |
Skakelkode | 027 |
Die brug wat die N7 oor die Oranjerivier dra, is 350 m lank en 12 m hoog en is op 28 November 1956 geopen om die pont te vervang.
Die vallei is ontsettend warm, maar besproeiing laat die verbouing van lusern, sitrus, dadels en ander gewasse toe. Planne in die jare 1990's om die dorp na 'n meer geskikte ligging te verskuif, is nooit deurgevoer nie.
Op 27 Oktober 2015 is 'n maksimumtemperatuur van 47 °C hier aangeteken,[2] en volgens Netwerk24 'n temperatuur van 50,1 °C op 28 November 2019, die hoogste temperatuur tot dan toe op enige plek in die land gemeet.
Bibliografie
- Green, Douglas G.: To the river's end. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Verwysings
- "Hoofplek Vioolsdrif". Sensus 2011.
- E-nuus se weerbulletin op 28 Oktober 2015